REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA


DEBATTE
VAN DIE
PARLEMENT VAN DIE
PROVINSIE WES-KAAP
(HANSARD)

TWEEDE SESSIE - TWEEDE PARLEMENT
VAN DIE PROVINSIE WES-KAAP

Die teken * dui 'n vertaling aan. Die teken , waar dit later in dieselfde toespraak gebruik word, dui die oorspronklike taal aan.
				
		
	DINSDAG, 18 APRIL 2000	1591
	
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:17 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE - kyk bl 1597.

INTERPELLASIES, VRAE EN ANTWOORDE - kyk bl 272.

GEBEURE IN ZIMBABWE

(Voorstel)

Die LEIER VAN DIE HUIS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis -

(1) sy misnoe oor die gebeure in Zimbabwe uitspreek, waar menseregte geskend en die boustene van demokrasie verontagsaam word;

(2) die Suid-Afrikaanse Regering versoek om onverwyld, deur middel van diplomatieke ingryping, te poog om die situasie vreedsaam te besleg;

(3) glo dat die verklaring van die Adjunkpresident op 17 April 2000 'n stap in die regte rigting is.

Die SPEAKER: Orde! Die Leier van die Huis stel sonder kennisgewing voor. Is daar enige beswaar?
*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, dit is nie 'n beswaar nie. Ek wil bloot 'n wysiging voorstel.

*Die SPEAKER: Orde! Ons kan nie 'n bespreking toelaat nie. As die agb lid egter 'n wysiging wil voorstel en oor die vloer met die Leier van die Huis wil skakel vir hierdie doeleindes, sal ek dit toelaat. Het die agb lid 'n spesifieke aanbeveling?

*Mnr L RAMATLAKANE: Ja, mnr die Speaker, ek het.

*Die SPEAKER: Stel dit asseblief aan die Huis.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil 'n wysiging voorstel daaroor dat die Suid-Afrikaanse Regering betrokke moet raak, soos volg:

	"... dat die Huis die Adjunkpresident se oproep ondersteun wat gister tydens die parlementre slypskool gemaak is ten opsigte van wat in die streek aan die gang is."

*Die SPEAKER: Orde! Om die Huis by te staan, wil ek die Leier van die Huis vra of dit moontlik is om te inkorporeer wat die agb lid mnr Ramatlakane ges het.

*Die LEIER VAN DIE HUIS: Mnr die Speaker, ek glo eerlikwaar dat die laaste sin van die voorstel juis presies daarvoor voorsiening maak.

*Die SPEAKER: Orde! Dan moet ek die voorstel stel. Is daar enige besware? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word en dit sal dus op die Ordelys moet verskyn vir moontlike bespreking op 'n later datum. Is daar enige ander kennisgewing?

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil dit net stel dat ons wel probeer het om die voorstel met die opposisie te onderhandel. Ek het nie besef dat hulle daarteen sou wees nie.

MIV/VIGS NIE NOODWENDIG
DEUR VIRUS VEROORSAAK NIE

(Voorstel)

*Dr A E VAN ZYL: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) sy kommer uitspreek dat die President van oordeel is dat MIV/Vigs nie noodwendig deur 'n virus veroorsaak word nie;

(2) sy spyt te kenne gee dat di stelling Suid-Afrika se reputasie internasionaal sal skaad; en

verder sy kommer beklemtoon dat as gevolg van di stelling 'n wreldgroep wat aan die spits staan van 'n poging om 'n entstof teen die MIV-virus te vind, om 'n boikot van die Internasionale VIGS Konferensie wat in Julie in Durban gehou sal word, gevra het.
*Die SPEAKER: Orde! Gee die agb lid kennis, of wil sy dit nou voorstel?

*Dr A E VAN ZYL: Ek wil dit nou voorstel, mnr die Speaker.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware? [Besware.] Daar is besware en daarom sal dit op die Ordelys verskyn vir moontlike bespreking op 'n later datum.

PUBLIEKE VERVOER-GEWELD IN TOWNSHIPS

(Voorstel)

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) sy meegevoel betuig met die familielede van die Golden Arrow busbestuurder, mnr Luvo Patrick Ganuganu, wat op Saterdag, 15 April 2000, in Nyanga doodgeskiet is;

(2) alle dade van intimidasie veroordeel wat in ons townships voorkom, veral in Khayelitsha en Nyanga;

(3) die Provinsiale Regering dringend versoek om sonder versuim in te gryp om die situasie te normaliseer en die regte van pendelaars te beskerm deur die permitkrisis aan te spreek, soos voorgestel in die oplossingsdokument wat deur die African National Congress versprei is; en

(4) sy kommer uitspreek oor die gebrek aan betrokkenheid deur die Provinsiale Regering.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid moet die voorstel by die Stoel indien. Is daar enige besware?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, mag ek 'n amendement voorstel?

*Die SPEAKER: Orde! Kom ons hoor wat die agb Minister te s het. As daar geen besware is nie kan ons die voorstel stel, wysigings daarop h en dan daaroor stem. Is dit moontlik vir die agb Minister, ten einde die Huis in staat te stel om 'n besluit te neem, om nou die wysiging voor te stel?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek wil graag die volgende wysiging voorstel:

	Dat bygevoeg word:

	"Dat die Sentrale Regering onmiddellik voldoende polisiringshulpbronne beskikbaar stel sodat die mense in hierdie provinsie beskerm kan word teen die intimidasie rondom die verwarring in die taxibedryf, wat daar is as gevolg van nasionale beleid."

*Die SPEAKER: Orde! Dit is nie vir die agb lid mnr Ramatlakane aanvaarbaar nie. Is daar enige besware teen die voorstel? [Besware.] Daar is besware en daarom sal dit op die Ordelys verskyn vir moontlike bespreking op 'n later datum.

ONDERSTEUNING VIR KMMB-SEKTOR

(Voorstel)

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, terwyl hy kennis neem daarvan dat -

(1)	finansile ondersteuning aan opkomende besighede noodsaaklik is vir die groei van die Klein, Medium en Makro Besigheidsektor, en dat klein besighede enorme probleme in di verband ervaar het; en	

(2) dit veral vir swart besighede waar is wat redlining en risiko-aversie ervaar het wat dikwels 'n rassistiese karakter aangeneem het, en dat beide die DP en die Nuwe NP hul ondersteuning vir sodanige beleid getoon het of in gebreke gebly het om die bestaan van 'n probleem te erken;

die voorkoms van sodanige praktyke veroordeel en 'n beroep op die DP en die Nuwe NP doen om hulself tot beleid te verbind wat ondersteuning vir KMMB bevorder, veral in swart- en kleurlinggemeenskappe.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

VERWYSING VAN SAKE NA HEATH-KOMMISSIE

 (Voorstel)

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) sy kommer uitspreek oor die onnodige vertragings aan die kant van die Premier met die ondertekening van proklamasies wat die Heath Kommissie in staat sal stel om 'n aantal uitstaande sake in die Provinsie te ondersoek; en

(2) verder sy kommer uitspreek oor die besluit van die Premier om 'n ondersoek na die moontlike wanbesteding van staatsfondse met betrekking tot ortopediese en prostetiese apparate na 'n interne ondersoek te verwys eerder as na die Heath Kommissie, wat tot 'n vertraging van meer as twee jaar gelei het en tot 'n moontlike verlies aan staatsfondse kan lei.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

AFSKAFFING VAN TOEGANGSGELDE
TE SILWERSTROOMSTRAND

(Voorstel)

Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis kennis neem -

(1) van die vreugde en gevoel van oorwinning aan die kant van die mense van Atlantis, Pella, Mamre en Witsand na die afskaffing van die praktyk van die hef van toegangsgelde te Silwerstroomstrand deur die Nuwe NP-beheerde Blaauwberg Munisipaliteit;

(2) dat genoemde afskaffing volg na volgehoue druk van die gemelde gemeenskappe, onder leiding van die ANC, as deel van die vrymaak van die Provinsie en die wegdoen met rassisme;

(3) dat hierdie gevoel van vreugde en oorwinning sigself op Saterdag, 15 April 2000 fisies gemanifesteer het met die opruk van 2 000 inwoners, en genoemde gemeenskappe hiermee gelukwens.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

BESOEK VAN OPENBARE BESKERMER
AAN SMARTIE TOWN

(Voorstel)

*Mnr Z STALI: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) die beoogde besoek van die Openbare Beskermer aan Smartie Town op 19 April 2000 verwelkom, en ook sy kommer uitspreek dat ondanks herhaalde aantygings dat die Nuwe NP-raadslid, mnr Jannie Beukes, betalings aan die kontrakteur goedgekeur het voordat die huise gebou is, hierdie raadslid met die ondersteuning van die Premier, as voorsitter van die Behuisingskomitee van die Helderberg Munisipaliteit verkies is; en

	(2)	die hoop uitspreek dat die besoek van die Openbare Beskermer sal verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir hulle dade aanspreeklik gehou sal word.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

GEBRUIK VAN AMPTELIKE WONING BY LEEUWENHOF

(Voorstel)

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) sy kommer uitspreek oor die gebruik van 'n amptelike woning die afgelope vyf jaar op die terrein van Leeuwenhof deur 'n amptenaar in die Kantoor van die Premier, sonder dat 'n kontrak in plek is of dat 'n markverwante huur betaal is, wat tot 'n moontlike verlies aan inkomste kon lei;

(2) 'n beroep op die Premier doen om di aangeleentheid so spoedig moontlik af te handel en enige geld wat, as 'n gevolg van die aangeleentheid, aan die Provinsie verskuldig is, te verhaal.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

INDIENSNEMING VAN ONWETTIGE IMMIGRANTE

(Voorstel)

Me L N PHIKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis sy ontsteltenis uitspreek oor die indiensneming van onwettige immigrante deur sekere wit kommersile boere in die Boland-omgewing, soos in die Cape Times van 30 Maart 2000 berig en deur die polisie in dieselfde uitgawe bevestig, waardeur hulle hulself skuldig maak aan praktyke wat aan slawerny grens, terwyl armoede en werkloosheid hoogty vier onder Suid-Afrikaanse burgers in hierdie omgewing, en verder die Minister van Landbou versoek om onmiddellik 'n ondersoek na hierdie rassistiese en onwettige arbeidspraktyke in te stel.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

WES-KAAP NA ONDERSOEKE
SKOONSTE PROVINSIE VERKLAAR

(Voorstel)

*Dr A E VAN ZYL: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis kennis neem van die kommentaar van Regter Heath dat, wat sy ondersoeke betref, di Provinsie die skoonste is.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

Orde! Dit beindig die verrigtinge van die Huis. Die Huis sal nou verdaag tot Dinsdag, 23 Mei 2000.

Die Huis verdaag om 15:25 tot Dinsdag, 23 Mei 2000.


AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:

Wetsontwerpe ontvang van die nasionale Parlement en ter Tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 208:

1.	Council for the Built Environment Bill [B16-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

2.	Architectural Profession Bill [B17-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

3.	Landscape Architectural Profession Bill [B18-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

4.	Engineering Profession Bill [B19-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

5.	Property Valuers Profession Bill [B20-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

6.	Project and Construction Management Profession Bill [B21-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

7. Quantity Surveying Profession Bill [B22-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).


WOENSDAG, 19 APRIL 2000

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:

Die Premier se Openingsrede

Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek hoop werklik dat alle agb lede 'n welverdiende ruskans gehad het en dat hulle gretig is om te hervat waar hulle in die vorige eeu met lewering ten opsigte van ons 2020-visie opgehou het, soos ons ons mense tydens die 1999-verkiesing beloof het en ons as politici ongetwyfeld ons mense tydens die plaaslike regeringsverkiesings wat vir November 2000 geskeduleer is, sal belowe.

Ek dink dit is gepas dat ek melding maak van die simboliek van die mini-Openingseremonie van die Wes-Kaapse Parlement. Baie agb lede was vandag getuies van die wye diversiteit van ons Kaapse karakter, waarvoor ons wreld beroemd geraak het. Ek betuig my dank teenoor al die pragtige jong mense wat vanoggend deelgeneem het. Hulle is die kinders van St Mary's wat die erewag gevorm het; die leerlinge van die Horskool Kaapstad wat die blommemeisies was; die verteenwoordigers van ons blommeverkopers op die perdekoets; die Kaapstadse Operakoor - wat 'n wonderlike koor; en die meisiesorkes en die twee jeugpelotons van die Jeugbrigade van die Verenigende Gereformeerde Kerk. Ek bedank hulle omdat hulle sprankel en prag aan die geleentheid verleen het.

Maar nou kom ons by die ernstiger sake van die dag. Mnr die Speaker, ons regeer 'n wonderlike, lewenskragtige, moderne en gesofistikeerde Provinsie, een waarop sy inwoners, en selfs diegene in die res van die land, werklik trots kan wees. Tydens 'n onlangse opname wat regoor Suid-Afrika gedoen is, het die Wes-Kaap die meeste steun gekry as die plek waar mense die graagste wil woon: 95% van ons mense het duidelike tevredenheid met die lewensgehalte in die Wes-Kaap uitgespreek, terwyl slegs 5% die wens uitgespreek het om elders te woon! Ons sal poog om hierdie 5% ook tevrede te stel. Ons wil h dat die volle 100% van ons mense tevrede moet wees met hul lewensgehalte in ons provinsie.

Ons het weer eens op die meeste terreine beter presteer as al die ander provinsies, met inbegrip van die uiters belangrike terrein van onderwys. Agb lede is almal bewus van ons matriekslaagsyfer van 79%. In hierdie verband wil ek spesiale melding maak van toekennings wat aan histories benadeelde Wes-Kaapse skole gemaak is wat 'n beduidende verbetering in hul uitslae getoon het. Ek is trots daarop om te s dat een van die skole wat in aanmerking gekom het, ondanks die feit dat dit negatief geraak is deur die tornado in Augustus, die Sekondre Skool Silverstream in Manenberg was.

Ek is ewe trots op die feit dat die Wes-Kaapse Provinsiale Regering nog altyd 'n presteerder was en aanhou om een te wees - ondanks soortgelyke politieke storms. Mnr die Speaker, ons is gereed vir die kundigheidsekonomie wat die 21ste eeu sal kenmerk! Ons is op koers om ons 2020-visie te verwesenlik! Ten spyte van begrotingsbeperkinge het ons teenoor al ons mense gelewer, veral die armes. Die leeueaandeel, 88% van ons totale begroting, is toegewys aan gesondheid, onderwys en maatskaplike welsyn.
Ons moet egter daarna streef om dit tot 'n meer realistiese persentasie te verminder om ons toe te laat om meer klem te plaas op die uiters belangrike terrein van ekonomiese en infrastrukturele ontwikkeling. Ek het met belangstelling kennis geneem daarvan dat President Mbeki tydens sy Openingsrede Vrydag in die Parlement ook op 'n begrotingsverskuiwing in hierdie rigting gekonsentreer het.

Dit sal lei tot 'n selfs groter verhoging in die lewensgehalte in ons Provinsie, waarna ek vroer verwys het. Volgens Wesgro is die huidige aanduidings vanjaar dat ons Provinsie op terreine soos toerisme, dienste en kleinhandel meer werkgeleenthede sal skep as wat mense tot die mark sal toetree. Dit is inderdaad goeie nuus vir ons nuwe matrikulante wat oor die toewyding, ambisie en dryfkrag beskik om tot hierdie markte toe te tree.

In die Wes-Kaap glo ons sterk aan veelparty demokrasie, en verwelkom die jaar 2000 as 'n nuwe doek waarop ons 'n blink nuwe toekoms vir ons jong demokrasie kan skilder. Ons sal ons eie geskiedenisboek skryf as 'n handboek oor goeie, skoon, doeltreffende veelparty regering. Ons moet nie onnodig oor die verlede tob nie. Nog nooit voorheen in die geskiedenis van hierdie land het die toekoms groter belofte vir al sy mense ingehou nie.

Ons glo dat die pad van die toekoms in die toekoms gele is, nie in die bitterheid van die verlede nie. Hierdie Regering het die jaar 2000 as 'n koalisie binnegegaan. Hy het die kundigheid van albei partye saamgesnoer om in die beste belang van al die mense van die Provinsie Wes-Kaap, veral die armes, te dien. Die koalisie werk goed, ondanks pogings om dit te laat struikel. Ons het bewys dat ons 'n uiters lewensvatbare alternatief vir 'n andersins ANC-oorheerste Regering is. Daar is bewys dat hierdie vorm van samewerking voorspoed vir al die mense van die Wes-Kaap inhou.

Mnr die Speaker, ek wil oor provinsiale mag praat. Ek glo dat elkeen van ons - elke agb lid - gretig is om ons Provinsie te sien werk, net soos ons graag die res van Suid-Afrika wil sien werk. Later meer hieromtrent. Ons moet almal tereg trots wees op ons prestasies. En indien ons struikel of vasbrand, doen ons ons bes om sake so gou moontlik reg te stel.

Dit was C H J Taylor, 'n Amerikaanse kampvegter vir menseregte, wat ges het, "Ons het geen rede om te kla voor ons nie op ons eie land trots geword het nie." Ek wil dit herhaal, "Ons het geen rede om te kla voor ons nie op ons eie land trots geword het nie", en vanselfsprekend ook op hierdie Provinsie nie.

Ek is ook deel van die meerderheid mense waarna President Mbeki Vrydag verwys het, wat daarop trots is om Suid-Afrikaners te wees. Ek is ook besonder trots daarop om 'n Wes-Kapenaar te wees. Ja, ek is besonder trots daarop dat ek 'n Wes-Kapenaar is.

Mnr die Speaker, die Regering is trots daarop om te regeer en te lewer. Maar ek glo dat ons in al ons mense 'n selfs groter trots op hul Provinsie moet aanwakker. Ek doen 'n beroep op elkeen in hierdie wonderlike Provinsie om meer positief te wees en soos wenners te begin dink! Ons het reeds ons sporthelde, maar ons moet ook trotser wees op die vele ander prestasies van ons Provinsie.

Ons moet trots wees op die feit dat werkloosheid in die Wes-Kaap die helfte van die syfer vir die res van die land is - 17,9% teenoor 35%. Ons moet trots wees daarop dat ons die enigste Provinsie is wat daarin geslaag het om sy nasionale behuisingsvoorsieningsteiken te haal, en meer as dit te lewer. Ons moet trots wees daarop dat ons meer sukses as enige ander provinsie met die Masakhane-projek behaal het, aangesien meer mense nou vir meer doeltreffende en gehalte dienste betaal. Daar is ander voorbeelde: die hoogste geletterdheidskoers; krane in meer huise as op enige ander plek; die meeste huishoudelike telefone; en die hoogste gemiddelde per kapita-inkomste. Die lys hou aan. En ons kan trots wees op hierdie prestasies!

Ons is inderdaad wenners! Maar dit beteken nie dat ons agteroor moet sit en gerus moet raak nie. Ons moet doen wat alle ware wenners doen. Ons moet harder probeer! Ons moet ons rekord verbeter om selfs groter hoogtes te bereik. Ons beskik sekerlik oor die potensiaal! En ten einde dit te doen, moet ons ons ekonomie verder stimuleer.

Verlede week het die Provinsiale Kabinet sterk steun uitgespreek vir die land se bod om die Wreldbeker-sokkerreeks in 2006 aan te bied. Ek het derhalwe 'n brief aan goewerneur Omar Ben Mahmoud van Tunisi geskryf, met wie hierdie Provinsie 'n samewerkingsooreenkoms het, om 'n beroep te doen op sy verteenwoordiger in die Wreldbeker-bodkomitee, mnr Salim Aloulou, om Suid-Afrika se bod te ondersteun om as gashere op te tree vir hierdie gebeurtenis, die belangrike Wreldbeker-sokker. Die deelname van die Wes-Kaap aan die Wreldbeker sal nie net ons status in die internasionale sportarena verhoog nie, maar ook baie meer buitelandse besoekers lok. Sulke byeenkomste sal nie net ons ekonomie stimuleer nie, maar ook selfs groter nasionale en provinsiale trots bevorder. Ons sokkerspan, Bafana Bafana, sal ook aan die wreld wys dat hulle ook wenners is! Ek wil hulle graag gelukwens met hul twee manjifieke seges tot dusver. Ek wens hulle alle voorspoed in die volgende rondte toe.

Die trotsste mense is nie diegene wat noodwendig die beste van alles het nie, maar diegene wat die beste van alles maak. Ons moet aanhou om die beste van alles te maak. Ons moet ook groter toeganklikheid tot die nuwe instrumente van die wreldekonomie verseker. Een van hierdie instrumente is kommunikasietegnologie, waarvan wreldwyd bewys is dat dit tot 'n groter toename in ekonomiese groei lei. Dit stem ooreen met een van ons nege beleidsoogmerke: om die mense vir die kundigheidsekonomie van die 21ste eeu voor te berei.

Ons het die grootste toegang tot hierdie instrumente reg hier in ons provinsie, maar waarom vier ons nie hierdie prestasies meer dikwels nie? Ek het by elke geleentheid, op elke vlak van ons provinsiale gemeenskap, breedvoerig oor hierdie prestasies gepraat en daar is nog steeds mense wat aan my s: "Maar waarom lig u nie die mense daaroor in nie? Waarom bemark u nie u Regering beter nie?" Ek glo dat ons meer doeltreffend kan kommunikeer om die mense te laat weet met watter prestasies ons besig is. As ons trots wil wees op ons provinsie, moet ons oor die goeie aspekte kommunikeer.

Dit is 'n geval van goeie nuus teenoor slegte nuus. Ek doen 'n beroep op die media om nie die positiewe te ignoreer nie. Dit is 'n lewensbelangrike saak in hierdie moeilike tye waarin stedelike terreur en misdaad die enigste sake blyk te wees wat nuuswaardig genoeg is om te publiseer. As ons negatiwiteit en 'n gebrek aan trots op ons land en op hierdie Provinsie wil oorkom, is dit die vertrouensplig van die media om 'n opbouende en ondersteunende rol te vervul deur die goeie nuus te versprei.

Van ons kant sal ons ons provinsiale kommunikasiepogings vanjaar verbeter in ooreenstemming met die Kom Taak-verslag wat aanleiding gegee het tot die Owerheidskommunikasie- en Informasiesisteem (OKIS). Mnr die Speaker, hierdie Regering is meer as ooit tevore verbind tot die bestuur van die transformasieproses tot die daarstelling van 'n mensgerigte en mensgedrewe openbare sektor. Veelparty demokrasie verg 'n dinamiese proses van kommunikasie waarin burgers ingelig word oor besluite wat hul lewens kan raak, en LPs en LPPs maak deel uit van 'n proses waarkragtens daar na die behoeftes en uitdagings van die mense geluister word en moontlike oplossings bespreek word.

Om hierdie doel te bereik, sal doeltreffende kommunikasie met al die gemeenskappe van die Wes-Kaap groter voorrang geniet. Ons Kabinet-na-die-Mense-projek maak deel uit van ons poging om deursigtigheid en rekenpligtigheid in die Regering te bevorder. Dit word reeds verbeter deur middel van meer gereelde Kabinetsvoorligtings aan die media. Op hierdie wyse sal die Wes-Kaap meer doeltreffende volgehoue openbare deelnemingsinisiatiewe in die Provinsiale Parlement en departementele projekte ontwikkel.

Ons moet egter ook duideliker en meer betyds hoor wat die mense van ons vra. Een manier om dit te doen, is om te verseker dat elkeen sy of haar demokratiese reg om te stem, kan uitoefen. Ek glo ons het meer korttermyn terugvoeringsmeganismes nodig as bloot die stembus.

My Administrasie, in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake en die Onafhanklike Verkiesingskommissie, is betrokke by vanjaar se belangrikste projek - Plaaslike Verkiesing 2000. Hierdie projek se doel is om die sowat 1 miljoen gevestigde mense in die Provinsie Wes-Kaap te help wat nog nie as kiesers geregistreer is nie. Daardie mense wat nog nie stafiekodes op hul identiteitsdokumente het nie, sal gehelp word om dit te kry en om as kiesers te registreer. Persone wat dit nie kan bekostig om vir ID-foto's te betaal nie, sal nogtans gehelp word om dit te kry. Sulke persone sal ook nie die R5-aansoekfooi van die Departement van Binnelandse Sake hoef te betaal nie; di Provinsie sal dit namens hulle betaal.

Persone op afgele plekke op die platteland sal nie ver hoef te reis om te registreer nie - beamptes van die departement sal na hulle gaan. Die kostes verbonde aan die projek word hoofsaaklik deur die Provinsiale Regering en die Kaapse Metropolitaanse Raad gedra, asook deur bydraes van munisipaliteite en distriksrade op die platteland.

Ek kom nou by internasionale betrekkinge. Soos agb lede moontlik weet, het ek die Duitse Staat Beiere, asook Bo-Oostenryk en Frankryk, in November en Desember verlede jaar besoek. In Frankryk het ek 300 afgevaardigdes uit 26 state van die Vereniging van Europese Streke toegespreek. Hulle verteenwoordig sterk streekgedrewe ekonomie soos di van ons. Hierdie besoek het 'n paar baie positiewe gevolge gehad. Europese kundigheid op verskeie terreine, met inbegrip van tegnologie, toerisme, onderwys en kulturele uitruiling, sowel as nuwe inisiatiewe in energieverskaffing, sal nou oor die volgende paar maande na die Wes-Kaap kom.

Die besoek het 'n duidelike boodskap meegebring: die Wes-Kaap kan nie bekostig om die nuwe millennium in isolasie van ander sterk streekekonomie binne te gaan nie. Ons moet 'n selfs groter ekonomiese speler in die wreldekonomie word. Om hierdie doelwit te bereik, sal meer doeltreffende strategisering met sake- en arbeidsleiers in die Wes-Kaap 'n prioriteit bly, en dit geskied reeds. Internasionale kontakte en die uitruiling van kundigheid is lewensbelangrik as die Wes-Kaap nie slegs sy huidige lewenstandaarde wil handhaaf nie, maar die lewensgehalte van al sy burgers wil verhoog.

Mnr die Speaker, die ooreenkomste en gesamentlike projekte wat tydens die besoek onderhandel is, is bewys van hierdie punt en dit is vir my opwindend om daaroor verslag te doen. Party van die belangrikste Beierse projekte sluit die volgende in:

* Die finansiering van die Nyanga Gemeenskapsentrum-projek - konstruksie sal hierdie maand 'n aanvang neem.

* Die uitrusting van die Unobantu-sentrum in Worcester.

* Die opleiding van leerling-motorwerktuigkundiges van die Athlone Kollege vanaf Maart vanjaar.

* Die instelling van internasionale gehaltebeheermetodes vir ons plaaslike landbouprodukte.

* Die deel van kundigheid in landboutoerisme.

* Die instelling van biosfeertegnologie om 'n meer harmonieuse ewewig tussen ontwikkeling en die omgewing daar te stel, met inbegrip van rivierherstel- en vergroeningsprojekte. Kundiges in rivierherstel sal die Wes-Kaap vir twee weke tydens Mei vanjaar besoek.

* Die daarstelling van 'n malaria-navorsingsentrum in Kaapstad word ook in die vooruitsig gestel. Dit sal tot die voordeel van die hele Afrika wees, as 'n mens in gedagte hou dat malaria een van die grootste oorsake van sterftes op ons vasteland is.

* Die Beierse motorvervaardiger, Audi, sal jong kunstenaars uit die Wes-Kaap borg om tydens die Europese somer in Beiere op te tree.

* Op die terrein van tegnologie sal 'n Beierse en Kaapse aanlyn-rekenaarprojek wat op die koppeling van tersire inrigtings gemik is, asook 'n IT-netwerk met die Provinsie, daargestel word. Die daarstelling van 'n rekenaargekonstrueerde universiteit word ook in die vooruitsig gestel.

* Die Wes-Kaap is uitgenooi om die IT-kongres in Beiere tydens Junie vanjaar by te woon.

Mnr die Speaker, ek is ook trots daarop om te kan aankondig dat die driedaagse besoek na Bo-Oostenryk gelei het tot die finalisering van verskeie gesamentlike projekte ter ondersteuning van die HOP en GEAR in die Wes-Kaap. Die projekte, waarvan een volgende maand in werking gestel word, sal die terreine van kultuur, die omgewing, onderwys en energie dek. Kom ek noem 'n paar voorbeelde:

* 'n Tentoonstelling van die beroemde Oostenrykse komponis, Anton Brueckner, sal volgende maand hier deur die goewerneur van Bo-Oostenryk, dr Joseph Puehringer, geopen word.

* Die Brueckner-kwartet sal tydens daardie geleentheid optree.

* Op die terrein van omgewingsbestuur word 'n besoek deur 'n afvaardiging van kundiges uit die Wes-Kaap na Bo-Oostenryk beplan, waar hulle die vlak van steun wat verskaf sal word, sal evalueer. Ander aspekte van samewerking op die terreine van omgewingsopvoeding, kommunikasie, navorsing en ontwikkeling sal ook dan gefinaliseer word.

* 'n Strategiese energieplan vir die Wes-Kaap, met behulp van die Bo-Oostenrykse Energieagentskap, sal ontwikkel word.

* Daar sal akademiese uitruilings op skoolvlak wees.

* Daar is ook ooreengekom dat toerisme spesiale aandag sal geniet, met die klem op kapasiteitsboumaatrels en die bespoediging van die ontwikkeling van klein- en medium ondernemings.

My toespraak voor die Vereniging van Europese Streke in Lyon, Frankryk, het daartoe gelei dat die 26 lidstate aan die Wes-Kaap spesiale gastestatus verleen het. Die Wes-Kaap is die enigste streek in Afrika, en een van slegs twee streke buite Europa, waaraan hierdie status toegeken is. Hierdie status sal ons in staat stel om aan toekomstige programme van die komitees van die Vereniging deel te neem. Ons stel veral belang in die jeug- en geslagsgelykheidsprogramme van die Vereniging.

Mnr die Speaker, dit raak al meer ooglopend dat ons provinsie baie het om op trots te wees, sowel nasionaal as internasionaal, maar daar is ook 'n paar sake waarop ons nie so trots kan wees nie. En ons wil dit verander. Ons het nie slegte appels in die Wes-Kaapse mandjie nodig nie. Daar is spesifiek twee lelike sake waaraan ek wil aandag gee.

Die eerste is vir my en die meeste mense 'n nuwe kwessie, maar uit die erns daarvan blyk dit duidelik dat dit nie 'n nuwe uitdaging is nie. Ek wil die uitmuntende Carte Blanche-span by M-Net bedank omdat hulle die lot van inwoners in tehuise vir bejaardes aan die lig gebring het. Dit was werklik uitmuntende ondersoekende joernalistiek. Die skrikwekkende verslag van swak, hulpbehoewende bejaardes wat aan mondelinge en ernstige fisiese mishandeling onderwerp word, het my tot in my diepste wese siek gemaak.

Mnr die Speaker, ek staan uiters simpatiek teenoor die lot van bejaardes en ek kan agb lede daarvan verseker dat hierdie Regering sal optree. Ek het aan die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding opdrag gegee om op 'n gereelde grondslag 'n volledige verslag oor die toedrag van sake in tehuise vir bejaardes wat onder beheer van die Provinsiale Regering is, op te stel. Daar moet kriminele ondersoeke wees waar dit geregverdig is.

Ons bejaardes is een van ons grootste bates. Ek het self bejaarde ouers. Ek leer nou nog van hulle. Daar sit my pa. Hy is 83 jaar oud, en dit is so lekker dat hy vandag hier saam met ons kan wees. Die bejaardes verdien ons respek, liefde en veral beskerming. Ons ouers het altyd uit hul pad gegaan om ons as kinders veilig te laat voel. Op hul ou dag moet dit ons voorreg wees om hulle veilig te laat voel.

My Ministerie daag reeds onaangekondig by verskeie provinsiale inrigtings op - soos ek self ook sal maak, en meer dikwels as ooit voorheen. Ek is vasbeslote om die swak elemente uit ons tehuise vir bejaardes te weer. Voorts het ek die nasionale Minister vir Welsyn en Bevolkingsontwikkeling gevra waarom die Wysigingswet op Bejaarde Persone, wat in 1998 deur die Parlement goedgekeur is, nog nie uitgevaardig is nie. Hierdie Wet maak voorsiening vir die regte van bejaardes kragtens die Grondwet en is goedgekeur om die mishandeling van bejaardes te bestry.

Ten tweede kan ons dit nie duld dat dwelmmisbruik in die Wes-Kaap toeneem of dat die moordsyfer in die land die hoogste is vanwe die Sentrale Regering se onvermo om iets daaromtrent te doen nie, terwyl ons hande agter ons rug vasgebind word, hoewel ons so duidelik die politieke wil het om dit te doen.
 
Mnr die Speaker, ek verwelkom President Mbeki se verwysing in sy toespraak van Vrydag na sy Regering se verbintenis om harder teen misdaad te stry. Ons het egter veel meer duidelikheid en optrede nodig.

As 'n eerste stap behoort hy aan die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit opdrag te gee om 'n angel in die stert van die Skerpioene te sit en al sy ander polisiringsagentskappe te versterk. As alternatief moet hy aan die Wes-Kaap sy eie volle provinsiale polisiringsbevoegdhede gee, asook die begroting om daarmee saam te gaan. Kom ons maak dit eens en vir altyd duidelik. Ons wil meer doen as om bloot 'n toesig- en moniteringsfunksie te h. Gee aan ons die toerusting en ons sal die werk klaarmaak! Ons is bereid om die volle verantwoordelikheid te aanvaar, maar slegs as die volle vermo en verantwoordelikheid aan ons gegee word. Ons het dit bewys met die Stadsgemeenskapspatroleringsraad en sal dieselfde met Projek Chrysalis doen, waarna ek weer later sal verwys.

Ek verwelkom ook die President se onderneming om die hele strafregstelsel te herstruktureer en te vernuwe - iets waarvoor ons al 'n baie lang tyd vra.

Nadat ek dit ges het, mnr die Speaker, wil ek beklemtoon dat die Wes-Kaapse Regering nietemin glo in samewerkende regering op alle vlakke. Ons sal die President en die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit ondersteun in wat hulle ook wil doen om die plaag van misdaad te bestry. Maar dan moet hulle die daad by die woord voeg!

Dit is een van ons spesifieke take om aandag te gee aan die oorsake van misdaad. Daar kan geen twyfel daaromtrent bestaan nie dat indien ons misdaad doeltreffend wil bestry, die maatskaplike en morele onderbou van ons gemeenskap versterk moet word. Meer spesifieke en proaktiewe programme moet ontwikkel word om dit te bereik. Ons pogings en projekte wat reeds op die jeug, vroue en senior burgers gemik is, wat in die grootste gevaar verkeer, moet selfs nog verder uitgebou word.

Die Departement van Gemeenskapsveiligheid het derhalwe 'n proaktiewe voorkomende inisiatief, genaamd Projek Chrysalis, ontwikkel. Hierdie projek is gemik op die keuring van jong Suid-Afrikaners in risiko en die verskaffing aan hulle van 'n opbouende en intensiewe persoonlike groei-ervaring. Ons wil poog om hulle te omskep in bates vir die gemeenskap en hulle te omvorm in sterk rolmodelle wat deur ander gevolg kan word. R5 miljoen is toegewys om hierdie projek aan die gang te kry. Vir die volgende drie jaar is bedrae van R15 miljoen, R25 miljoen en R35 miljoen toegewys. Deur uit te reik na die jeug sal die Wes-Kaapse Regering, deur Projek Chrysalis, 'n invloed uitoefen op die lewens van huidige en toekomstige geslagte wat normaalweg miskien op 'n lewe van misdaad en geweld sou afstuur.

Dit stem grootliks ooreen met waarna President Mbeki Vrydag verwys het toe hy hulde gebring het aan die sukses van 'n groep Soweto horskoolleerlinge wat hul matriekulasievrystellings verkry het ondanks hul vorige betrokkenheid by misdaad en ander afwykende gedrag. Projek Chrysalis sal die energie van die jeug na opbouende kanale weglei en 'n beter lewensgehalte vir al die mense van ons Provinsie skep.

Ek wil 'n beroep op agb lede aan die ander kant van die Huis doen om ons hande te vat, opbouend te wees en as 'n span met ons saam te werk in die beste belang van al ons mense. Hulle moet insette lewer en hul voorstelle byvoeg, en daardie projekte ondersteun wat gemik is op die opheffing van al ons mense. Per slot van rekening is hulle ons mense, ons verteenwoordig hulle wel, kom dus saam en help ons 'n bietjie. Help ons om oplossings vir ons gemeenskaplike uitdagings te kry op dieselfde wyse as wat ons party in die Nasionale Vergadering onder ons leier, mnr Marthinus van Schalkwyk, doen. Ek doen hierdie beroep in alle erns. Ons is dit aan ons ondersteuners verskuldig om ons Provinsie en Suid-Afrika aan die werk te kry. Ek sien daarna uit om hul opbouende en proaktiewe voorstelle te hoor.

Meneer, ek kom nou by padveiligheid. Ek wil graag my gelukwense oordra aan die agb Minister van Vervoer en Werke.

Miskien het die oorskakeling na die jaar 2000 nie vir almal opgelewer wat hulle verwag het nie. Ook die aantal toeriste en besoekers aan die Wes-Kaap was vir sommige sakeondernemings teleurstellend. Sommige ondernemings moes selfs ekstra werkers afdank. Stedelike terreur, die bomaanvalle en misdaad het daartoe bygedra.

Die nuwe jaar het weer eens skrikwekkende padsterftes meegebring, ondanks die baie veldtogte teen dronkbestuur en ho boetes vir jaagduiwels. Die blote gebrek aan bestuursvernuf en oordeelsvermo, en veral onpadvaardige voertuie, het ook hul negatiewe bydraes tot die padsterftes gemaak.

Tydens slegs 40 dae, tussen 1 Desember 1999 en 11 Januarie vanjaar, het 914 mense in padongelukke in Suid-Afrika gesterf - 914 mense!

In die Wes-Kaap is 92 mense dood, en al is dit die derde laagste sterftesyfer in die land, en al het ons die kwaaiste vakansieverkeer van alle provinsies ervaar, is dit nog 92 lewens te veel. Wat is die oplossing? Die ho spoedboetes het 'n impak gemaak. Daar is mense wat met tot R20 000 beboet is. Die spoedvrate het dit aan hul sakke gevoel. Daar is mense soos 'n landdros op Laingsburg wat elke dag 24 uur lank beskikbaar is en sake aanhoor. Ek s vir hom dankie vir sy toewyding. Miskien moet sy voorbeeld ook elders gevolg word. Ons het 'n nuwe spoedgrens vir mini-taxi's, en dit is nodig dat daar by di grens gehou word. Ons moet geen genade betoon as dit nie gebeur nie. Ek wil dit herhaal: geen genade vir oortreders en vir taxibestuurders wat die Wet oortree nie. Dieselfde geld vir bus-operateurs en hul bestuurders. Genoeg bloed het nou op ons paaie gevloei.

Die nasionale Minister van Vervoer moet bygestaan word met sy plan om slegs groter, standaardminibus-taxi's te lisensieer. Die ou "doodkiste op vier wiele", waarna President Mbeki Vrydag ook verwys het, moet van ons paaie verwyder word. Ek glo ons moet nog harder optree. Ek glo ons moet ook op die gebied van verkeersbestuur internasionale standaarde evalueer, daarstel en handhaaf. Oorsee is dit algemene gebruik dat voertuie elke jaar, wanneer registrasielisensies hernu word, weer padvaardig verklaar word. So 'n stelsel skep ook werkgeleenthede. Organisasies soos die AA en elke erkende, geregistreerde motorhawe moet toegerus wees om voertuie padvaardig te kry en padvaardigheidsertifikate uit te reik.

As iemand vir dronkbestuur gevang word, moet sy bestuurslisensie weggeneem word. As so 'n persoon dit weer wil h, moet die hele bestuurstoets na 'n periode van gemeenskapsdiens, weer oorgedoen word. As iemand sonder lisensie gevang word, moet hy 'n jaar lank verbied word om weer daarvoor aansoek te doen. Sulke stelsels vereis polisiring en daar sal ernstige aandag geskenk moet word om die Provinsie se verkeerspolisiekorps uit te brei en meer paraat in te skakel. Ons is alreeds besig met 'n inisiatief om alle wetstoepassingsagentskappe onder 'n enkele sambreel te laat funksioneer.

Ek het al verwys na toerisme en dat ons nie soveel besoekers gehad het as wat ons graag wou gehad het nie. Ek bly egter oortuig dat toerisme hierdie provinsie se ekonomiese anker is en ook ons ekonomiese groei gaan bepaal. Toerisme is die belangrikste bedryf wat hierdie Provinsie se werkloosheidsprobleem gaan oplos, daarom moet toerisme vertroetel word en die aandag kry wat dit verdien.

Ek glo dat die Wes-Kaap se kultuur en natuurgegronde toerisme is waar ons toekoms l. Die waarskuwingsligte flikker egter. Volgens Amerika se "World Watch" is die toestand van die natuur reg oor die wreld hoegenaamd nie goed nie. Woude is besig om te krimp, gronderosie vind plaas, waterbronne kwyn, vishulpbronne is besig om in duie te stort, vernietigende storms neem toe in getal, en dieselfde geld brande. Die Wes-Kaap is geen uitsondering ten opsigte van hierdie wreldwye verskynsels nie. Ons weet almal van die vernietigende brande wat baie lyding vir baie mense in verskeie dele van hierdie provinsie teweeggebring het, terwyl 9 000 ha in natuurreservate uitgebrand is.

Mnr die Speaker, van 15 Januarie tot 23 Januarie 2000 het ons 365 brande in die Provinsie gehad, waarvan 207 in die Metropool voorgekom het. Dit is daarom noodsaaklik dat knap bestuursvernuf van ons natuurskatte toegepas word in hierdie pragtige Provinsie van ons. My pas aangestelde taakgroep gee hieraan aandag.

Dit is binne die opdrag van Provinsiale Kommissie van Ondersoek na die brand in die Kaapse Skiereiland om aanbevelings te maak, nie slegs oor rampbestuur nie, maar ook oor grondbestuurspraktyke wat ingestel kan word om soortgelyke tragedies in die toekoms te voorkom.
Meneer, ek, die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning en die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake het deelgeneem aan die loodsing van Operasie Brandstop. Dit is 'n lofwaardige projek wat hierdie provinsie aktief sal ondersteun. Ek het reeds in hierdie verband 'n paar planne met die nasionale Minister van Waterwese en Bosbou gedeel. Ek wil nie slegs die departement gelukwens nie, maar ook Santam-versekering wat R20 miljoen geskenk het, Total vir R5 miljoen en die Cape Argus vir R5,4 miljoen. Ek glo dat dit 'n stap in die regte rigting is. Dit is wonderlik om te sien dat sakelui nou ook die daad by die woord voeg.

Meneer, ek kom nou by toestroming. Die geweldige toestroming van mense na hierdie Provinsie, wat feitlik onbeheerste plakkery tot gevolg het, hou 'n groot bedreiging vir ons natuurbates in. Verstedeliking, en dus die ontvolking van die platteland, is 'n wreldwye tendens. Mense kan nie verkwalik word dat hulle na die Wes-Kaap trek om 'n beter toekoms te soek nie. Beter begrip en dinamiese bestuur is op hierdie gebied nodig. Ek hoop hulle luister nou. Dit is dringend noodsaaklik dat ons oplossings vind, en ek glo dat ons kollegas aan die ander kant van die Huis nogmaals goeie en insiggewende bydraes kan lewer om oplossings te vind. Om die tendens van verstedeliking te stuit, moet die ontwikkeling van die platteland meer ernstige aandag kry. Ons platteland het soveel om te bied, nie net vir toerisme nie, maar ook wat landbouontwikkeling betref.

Dan, mnr die Speaker, is daar daardie jaarlikse rassisme. Daar is 'n ander uitdaging op die horison. Hulle s dat die mooiste renbo met dreigende storms gepaard gaan. Die renboog oor ons provinsie is van kleurvolle aard en het 'n veelvuldige tekstuur.

Per slot van rekening is ons die tuiste van die inheemse gekleurde mense. Ons is die afstammelinge van die Koikoi, die Afrikaner en die blanke Britse Setlaars van die 19de eeu, asook van ons Xhosa setlaars van oorkant die provinsiale grens en al hul afstammelinge, om nie te praat van diegene wat as slawe hierheen gebring is nie. Ons is die afstammelinge van die mense van Asi en ons meer onlangse immigrante uit die Sahara Woestyn-gebied in Afrika.

Ons beskik ook oor 'n kaleidoskoop van verskillende godsdienste en filosofie, waarvan die Christelike, Islamitiese, Joodse en tradisionele Afrika-rigtings die oorheersendes is. Daar is selfs 'n paar kommuniste.

Mnr die Speaker, ons behoort trots te wees in ons diversiteit, maar daar is steeds die verskriklike werklikheid dat daar rasseverdelings is, selfs kleurlyn politiekery. Dit is teen hierdie agtergrond dat ek 'n beroep op elkeen in die Huis doen om mooi te dink voordat stellings gemaak word. Ek s dit weer: ons moet ons woorde tel. Woorde kan baie seer maak, en dit kan ook lei tot opsweping en optrede wat nie in die belang van hierdie land is nie. As mense verwys na, "Een setlaar, een koel", of, in 'n meer onlangse geval, "Die afbrand van die provinsie", as 'n teken van protes oor hul politieke ongelukkigheid, dan vra ek watter opvatting in die gedagtes van die publiek geskep word. Hier en oorsee! Watter uitwerking het dit op beleggersvertroue en alles wat daarmee gepaard gaan?

Die eer en voorreg om 'n openbare amp te beklee verg groter verantwoordelikheid, trots en patriotisme. Dit verg ook van ons almal wat invloed in die onderskeie kiesersgemeenskappe van ons provinsie het om oor vrede en versoening te praat en die daad by die woord te voeg. Natuurlik kan ons in hierdie Huis van mekaar verskil. Ons moet egter in gedagte hou dat ons koelkop moet bly as ons 'n besluit geneem het wat die gevolg van 'n demokratiese proses was. Ons is hier om te werk.

Van demokrasie gepraat, ek glo dat die veelparty demokrasie in Suid-Afrika, dieselfde demokrasie waarvan oud-President Nelson Mandela ges het dat hy bereid was om daarvoor te sterf, in gevaar is. In die woorde van die 1998 Drieledige Ondersoekverslag van die OUO aan die Parlement, en ek haal aan:

A country can only be regarded as truly democratic when its citizens have a say that goes beyond the vote at national, provincial or local level.

Dit is wat hierdie Provinsiale Regering doen. Ek verseker agb lede dat hierdie Regering met sodanige demokratiese gebruike sal voortgaan.

Allen Drury het die boek A Very Strange Society met verwysing na die Suid-Afrikaanse apartheidsgemeenskap geskryf. Sy bynaam vir ons gemeenskap is vandag nog baie gepas, ondanks die val van apartheid. Ons verkeer steeds in 'n baie vreemdsoortige gemeenskap. Ek sal aan agb lede s waarom.

Aan die een kant wil President Thabo Mbeki 'n alliansie van Afrikastate h waarop staatgemaak kan word om op te tree teen ondemokratiese regimes op die vasteland van Afrika. 'n Prysenswaardige ideaal! Dit is lofwaardig want dit stel as doelwit die verbreding van die demokrasie en die uitbouing van ontwikkeling. Aan die ander kant doen die ANC-Regering nie altyd wat hy predik nie.

'n Britse kwartaallikse tydskrif, The Economist Intelligence Unit, het as deel van 'n opname van verwagte internasionale ekonomiese groeikoerse voorspel dat Suid-Afrika goed op pad is om 'n de facto-eenpartystaat te word. Dit is nie ek wat dit s nie; hulle s dit. Hulle s dat dit 'n groot verligting was dat die ANC een setel gekort het vir 'n tweederdemeerderheid, wat toekomstige veranderings aan die Grondwet veel makliker sou maak.

Die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit wil reeds die Grondwet verander en ek twyfel nie dat sy motiewe eerbaar is nie. Mnr die Speaker, so 'n stap is die eerste een op die glibberige afdraand van die ondergang van demokrasie. Ek het ook, in die openbaar en in die NRP, gevra vir die doodstraf vir moordenaars en verkragters. My motief is ook eerbaar. Maar om die doodstraf in te stel, sou ook 'n verandering verg aan die Grondwet, wat bepaal dat elkeen sonder beperking of uitsondering die reg op lewe het. Dit bepaal ironies ook dat elkeen die reg tot vryheid van beweging het, wat deur sommiges genterpreteer word om te beteken dat daar geen gevangenisstraf moet wees nie. Miskien moet daar 'n openbare debat oor hierdie sake wees, want hulle raak die toekoms van die Grondwet en die vryheid van alle burgers.

Ware veelparty demokrasie kan nie gedy in 'n stelsel van gesentraliseerde mag nie. Daar is diegene wat 'n obsessie het met die sentralisering van mag. Die jongste voorbeeld is 'n ANC-besluit om 'n hovlak ontplooiingskomitee aan te stel wat uitvoerende burgemeesters vir metropolitaanse rade moet kies waar die ANC ook al in beheer is. Dit is direk in stryd met, "Laat die mense regeer", en maak 'n bespotting van plaaslike demokrasie. Soos met die uitsoek van Premiers, kan die ANC se voorgestelde metode om burgemeesters te kies, slegs 'n uitbouing wees van die bevoegdhede van hul partyhoofde om begunstiging te bewys. Dit sentraliseer voorts besluitneming in 'n land waar 'n mens sou kon aanvoer dat mag reeds veels te gekonsentreer is in Pretoria - voor en sedert 1994. Met dit in gedagte klink enige kritiek op die misbruik van mag in Afrika uiters leeg.

Koerantredakteur Jon Qwelane s dat die kristalbal nie veel belofte vir die Afrika-kontinent in die 21ste inhou nie. Kan ons hom 'n doemprofeet of 'n moderne kommentator noem as so baie belangrike lidstate van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap die bagasie van eenpartyregering dra? Ons hoef nie ver anderkant ons grense, na die ANC se ideologiese vennote, voormalig sowel as huidig, te kyk nie. Ek verwys hier spesifiek na daardie skitterende voorbeeld van diktatorskap, Robert Mugabe. Ek verwys ook na Sam Nujoma wat lewenslank president wil wees.

Is dit waarvoor hul vryheidsvegters hul lewens opgeoffer het? Nee! Ek dink hulle het hul lewens opgeoffer vir hul gemeenskappe, nie vir die een of ander magshonger individu nie.

President Mbeki se oortuiging dat die 21ste eeu die "Afrika Eeu" moet wees, word ondersteun deur sy leerstelling van die Afrika Renaissance, waarkragtens hy beoog om die vasteland te bevry van verwoestende konflik en die gepaardgaande onheil van korrupsie wat deur ondemokratiese gebruike aangevuur word. 'n Edel leerstelling! Nogtans vertoon die President 'n groter sentristiese benadering. Om behep te wees met die sentralisasie van mag is nie die voorbeeld waarvan iemand soos Laurent Kabila wil leer nie. Die skeidslyne tussen sentralisme en gekordineerde samewerkende regering tussen alle sfere van regering vervaag al hoe meer.

Ek glo dat die desentralisasie van mag deur samewerkende regering die antwoord is. Die Wes-Kaapse Regering ondersteun die begrip van "mag aan die mense". Hy glo in gereelde en demokratiese verkiesings. Hy glo dat die mense hul kiesers moet kies - nie dat die leiers die verteenwoordigers van die mense moet kies nie. En agb lede weet wie dit doen!

Nadat ek dit ges het, wil ek beklemtoon dat ek ook in President Mbeki se Afrika Renaissance glo. Ek glo dat die Wes-Kaapse Regering kan bydra daartoe om dit te verwesenlik. Daar is baie omtrent Afrika wat ons kan kritiseer, maar ons moet meer opbouend wees oor ons vasteland, soos ek wil h ons oor die Wes-Kaap moet wees.

Ons toekoms is ineen vervleg met di van die vasteland van Afrika. Dit is waarom een van ons beleidsoogmerke is om die provinsie, as die poort na Afrika, steeds sterker aan die land en die vasteland te verbind. Kundige, goeie regering, gegrond op gesonde administratiewe vaardighede, is 'n voorvereiste. Ons in die Wes-Kaap beskik oor sodanige vaardighede en ons is bereid om dit te deel.

Ons het 'n opleidingsakademie - dit is die enigste provinsiale akademie van sy soort in die land. Waarom nie 'n Afrika Renaissance Opleidingsakademie, waar ons ons administratiewe vaardighede met ons bure kan deel, nie? En as ek dit s, is ek bereid om die daad by die woord te voeg. Ek sal hierdie saak by die eerste geleentheid met President Mbeki bespreek.
Dit bring my terug by my beroep aan die begin van my toespraak. Laat ons, ons almal aan albei kante van hierdie Huis, 'n span vorm en saamwerk in die beste belang van al ons mense. Die afgelope millennium was deurspek met twis, oorlo en konflik. Oor die afgelope 100 jaar het Suid-Afrika sy kwota aan oorlo, opstande en doodmaak gehad. Laat ons, in plaas van blote uhuru-verkiesings, 'n uhuru-gemeenskap en -ekonomie bou. Politieke vryheid beteken niks sonder 'n goeie balans tussen maatskaplike en ekonomiese vryheid nie. Die nuwe eeu verg 'n nuwe benadering. Dit vereis groter verdraagsaamheid. Vanjaar is daar nog 'n verkiesing. Net soos President Mbeki, is ek vol vertroue dat die wil daar is om saam te werk om te verseker dat hierdie verkiesings onder omstandighede van vrede en vreedsame politieke mededinging gehou sal word en dat dit vry en regverdig sal wees. Dit is 'n verkiesing wat politieke volwassenheid van al die verskillende partye en ander rolspelers sal verg. Saam kan ons voortgaan om hiervan 'n beter Provinsie, land en vasteland te maak.

Mnr die Speaker, die tyd laat my nie toe om in besonderhede op al die belangrike sake, soos armoedebestryding en nuwe wetgewing, in te gaan nie, maar ek is seker dat my Ministers hierdie sake onder hul portefeuljes sal bespreek.

Die Wes-Kaap is reeds die juweel in die Suid-Afrikaanse kroon. Ek glo dat ons die rykdom van ons kennis en kundigheid oor ons grense heen kan versprei. Saam kan ons daardie juweel poets om 'n internasionale boodskap van sukses, voorspoed, harmonie en vrede uit te straal.


1610	DINSDAG, 18 APRIL 2000



	DINSDAG, 18 APRIL 2000	1609


